Die tipiese belastingbetalers organisasie (BBO) is nie ‘n nuwe idee nie. Terwyl enige indiwidu mag skakel met hul dorpsbestuur is ‘n BBO die amptelike gemagtigde verteenwoordigende groep inwoners in sulke sake en tree op as die kollektiewe stem vir ‘n ingeligte en betrokke gemeenskap. Diť is ons DOEL! Sedert 1652 het plaaslike regering (Munisipaliteite soos ons dit ken), Suid Afrika en BBO’s deur verskeie veranderings gegaan. Gegewe die geskiedenis en effek op gemeenskappe gedurende die laaste 30 jaar, is dit duidelik dat ‘n verandering in rigting benodig word om ‘n absolute intuimeling van dienste aan gemeenskappe te voorkom. Daardie vonk het ontplof gedurende Augustus 2023.
Die struktuur, administrasie en bestuur van BBO’s het ook ontwikkel met die veranderde tye en gebruik ons die Gemeenskaplike Aksie Netwerk (CAN) ontwikkel deur OUTA wat die onontbeerlike funksies van kommunikasie en administratiewe prosesse ondersteun en bestuur daarvan meer doeltreffend maak. Ons is groot dank aan hulle verskuldig dat hulle die geduld en ondersteuning kon bied om ‘n paar aanpassings te maak wat deur SPARC Bestuur verlang is. Nou het ons ‘n meer funksionele stelsel en is ons gereed om enige moontlike aanpassings te bowe te kom wat mag opduik sodra ons op die “lug” gaan.
SPARC het tot stand gekom as gevolg van ‘n spontane behoefte. Ons Grondwet is gebasseer op verskeie waardes en doelwitte vir die gemeenskap waarvan die mees belangrike beskou word soos in ons slagspreuk uitgedruk: Sterker Tesame. Ons Verklaring in ons Missie is dat ons ‘n apolitiese, gemeenskaps gedrewe, organisasie sonder winsbejag is wie die belange van SMA inwoners en belastingbetalers voorop stel deur kommunikasie, toeganklik en samewerkend te wees.
Ons betrokkenheid sal gebasseer wees op DIENS, LEIERSKAP, ONPARTYDIGHEID EN INKLUSIWITEIT.
Ons doelwit is om ‘n gemeenskaplike en samewerkende waghond en oorsigrol te vestig. Wat optree binne die riglyne van toepaslike Munisipale Wetgewing met die klem op hul Mandaat en die grondwetlike regte van inwoners en belastingbetalers met inagneming van volhoubaarheid en uitvoerbaarheid in die wydste vertolking tot voordeel van almal, ongeag die demografiese samestellings.
Ons sal poog om ‘n forum te verskaf waarin besprekings gevoer kan word oor kwellings vanuit besighede, belastingbetalers en inwoners deur lede te lok met kundigheid en bewese vaardighede om in te skakel in ‘n kritiese denke proses om die beste uitkomste te verseker. Vir hierdie rede is dit absoluut noodsaaklik dat mede Suid Afrikaners, met sulke vaardighede, na vore kom om hul insigte te deel. SPARC amptenare is almal vrywilligers wie tans sonder enige vergoeding werk en dus is ons aangewese op hul motivering en geloof in die saak van hierdie organisasie. Ons het uitgawes en steun op donasies en ledegelde om die BBO volhoubaar te laat voortgaan. Tot nou is befondsing deur die Direkteure alleen gedoen.
Tot op datum is SPARC letterlik oorval met publieke versoeke vir bystand met verskeie kwessies en het ons samewerking met verskeie organisasies soos OUTA (Organisasie wie Belasting Misbruik Ontrafel), Die Tuinroete BBO Alliansie en Sakeliga. Ons het reeds ‘n WhatsApp Groep met sowat 900 lede en ‘n Fb gevolg. Ons webblad sparc.org.co.za is waar u kan aanteken en as lid registreer met ‘n vol outomatiese betalingstelsel vir skenkings en maandelikse ledegelde.
Hennie Smit Voorsitter