Ons is so opgewonde om aan te kondig dat ons Facebook-blad regstreeks is ✨ Like en volg asseblief ons blad – en deel met ander. Hier sal jy die geleentheid kry om kommentaar te lewer op ons plasings! Die bekendstelling van ons webwerf is op hande en ons hoop dat dit in die loop van volgende week voltooi sal word. Via die webwerf sal jy in die posisie wees om amptelik as lede te registreer (kategorieë, fooie en stemreg sal duidelik uitgebeeld word) en jy sal aanlyn betaling kan doen. Maklik! Die webwerf maak voorsiening vir e-poskommunikasie. Ons sien uit na jou terugvoer en kommentaar.
Die SPARC-span